APPEL- EN PYNAPPEL VORM SLAAI

1512714_10201883346183112_2089346603_n

(Heeeeeeerlik saam met braaivleis)
2 pakkies groen jellie
1½ koppie kookwater
1x 439g blik tertappels
1x 439g blik fyn pynappel
2eetl asyn
Sout

Los die jelliepoeier in die kookwater op. Laat dit afkoel en voeg dan daarby die appel, in groterige stukke gesny, die pynappel en pynappelstroop, die asyn en die sout. Skep die mengsel in ‘n “met olie gesmeerde” ringvorm met ‘n inhoudsmaat van omtrent 1 liter. Ontvorm dit wanneer dit gestol het en sit dit voor op vars slaaiblare.
Garneer met pynappelringe en mooi gesnyde dwergkomkommers of snoep tamatiekies.
DIS ‘N WENNER…….

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.