MRS H.S. BALL’S BLATJANG

Die oorspronklike resep soos opgespoor deur SARIE
Maak 18 bottels (mild)

612 gram droëperskes
238 gram gedroogde appelkose
3 liter bruin druiweasyn
2 1/2 kg wit suiker
500 gram uie
12 gram sout
7.5 gram cayenne peper
METODE:
Week vrugte oornag in die druiwe asyn. Kook dan in asyn tot sag en dreineer.
Maal in klein stukkies in ‘n meul (of versnipper met ‘n kombuismes) Gooi die vrugte, suiker (opgelos in ‘n bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en kook in ‘n groot pot in die asyn.
Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2-21/2 uur. Roer nou en dan met ‘n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.
Om blatjang “hot” te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram droëperske.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s