Yskas Maaskaastert


Tennisbeskuitjies (of Vingerbeskuitjies werk net so lekker) vir kors
1 pakkie jellie van eie keuse (as vingerbeskuitjies gebruik 2 pakkies jellie), aangemaak en afgekoel
500ml vars room (moet lekker styf geklop wees)
250ml gewone gladde maaskaas
2tl gelatine (opgelos in so 50ml water) (3tl as suurlemoensap uitgelaat word)
80 – 100ml suurlemoensap (opsioneel)
1 blikkie kondensmelk


Spuit tertbak of losboompan met bietjie Spray & Cook. Indien losboompan gebruik word sit foelie aan die buitekant rondom want die jellie mag dalk bietjie uitloop.
Plaas beskuitjies daarin. Gooi so ¾ van die afgekoelde jellie oor die beskuitjies en sit in yskas om te stol.
Voeg die gelatine by die kondensmelk en meng goed.
Voeg die suurlemoensap by, meng goed. Voeg nou die maaskaas by, meng goed. Dit begin nou nogal dikkerig raak.
Voeg nou die styfgeklopte room by en meng liggies deur. Gooi beslag oor gestolde kors.
Gooi nou res van jellie bo-oor die beslag en trek liggies met bv ‘n breipen slootjies deur die beslag waarin die jellie gaan lê. Wanneer die tert gestol is vorm dit sulke jellie lagies tussenin! Tert kan natuurlik versier word na eie keuse! Geniet dit!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s