VRUGTEKOEK RESEP



500 g droëvrugte-koekmengsel
375 ml water
250 ml suiker
125 g botter of margarien
10 ml koeksoda
125 ml brandewyn
2 ekstragroot eiers
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
125 g rooi glanskersies, heel en gesnipper

Metode:

Meng die droëvrugte, water, suiker, botter en helfte van die koeksoda in ‘n swaarboomkastrol en kook 25 minute lank stadig terwyl af en toe geroer word. Laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180°C.
Los die oorblywende 5 ml koeksoda in die brandewyn op en voeg by die vrugtemengsel. Klits die eiers en voeg by. Sif die meel en sout en rol die kersies daarin. Voeg by die vrugtemengsel en meng alles goed saam.

Voer ‘n diep, ronde 23cm-koekpan ui met aluminiumfoelie (blink kant na buite) en spuit met kleefwerende kossproei. Skep die beslag in die pan en bedek met aluminiumfoelie. Bak ongeveer 90 minute lank. Verwyder die aluminiumfoeliebedekking en laat die koek effens in die pan afkoel. Keer met foelie op ‘n draadrak uit om heeltemal af te koel. Bedek dit dan goed met alluminiumfoelie en bêre in ‘n lugdigte houer tot benodig.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s