MOSBESKUIT: (Diane Roode Hancox)

In ‘n groot DIEP meng skottel sit die volgende:

250g Botter/Marg

1 Blik Kondensmelk
2koppies Suiker (kan bietjie meer insit as jy verkies)
2koppies Kookwater
Roer (ek gebruik ‘n “whisk”) tot botter gesmelt is & gemeng is.

Voeg By:
2koppies louwater
4 Jumbo Eiers
2pakkies droe Gis (Ek gebruik altyd die Anchor Pers pakkies)
Helfde van 2.5kg Koekmeel
Roer (weer eens my “whisk”) tot goed gemeng is.
Maak goed toe & los in warm plek (nou met winter, sit ek myne op warm kombers) tot dit goed skuim gemaak het. (omtrent 2-3 ure)

Voeg by:
Res van die 2.5kg Koekmeel
2Eetlepels Sout
1boks Anys
Knie goed.
Kan nog water of meel bysit as nodig.
Moet lekker deeg vorm, nie te styf nie.
Maak weer goed toe & laat rys.

Ek doen my knie werk laaterig in die aand & los oornag om te rys. Veral in die winter. Sommertyd gaan dit baie vinnige.

Knie weer af en maak bolletjies, sit in broodpanne & maak weer goed toe, om in die panne te rys.

Bak teen 160C vir 1 uur.

BOLAAG:
1/2koppie Melk
1/2koppie Suiker
Kook in Mikrogolf tot suiker opgelos is. Laat KOUD word.

Die moet KOUD bo-oor die Mosbolletjies gesit word sodra dit uit die oond uitkom.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s