SJOKOLADEMOUSSE-KOEK

KOEK :
250 ml strooisuiker

4 ekstra-groot eiers, geskei

125 ml olie …

5 ml vanielje-geursel

250 ml koekmeelblom

12 ml bakpoeier

Knippie sout

125 ml kakao

125 ml warm water

BOLAAG 1:

1 pakkie(90g) sjokolade-of karamelkitspoeding

150 ml koue melk

150 ml room, geklits

BOLAAG 2:

1 pakkie (90g) kits-sjokolade-mousse

150 ml koue melk

100 ml room, geklits

AFRONDING:

Sjokoladeblare(opsioneel) METODE:

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer n vierkantige koekpan van 25 cm met botter. Voer uit met bakpapier. Smeer of spuit weer. Klits die strooisuiker en eiergele goed saam tot lig en dik. Voeg die olie en vanieljegeursel by en klits goed. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng die kakao en warm water tot n pasta. Voeg die droë bestanddele beurtelings met die kakaomengsel by die eiermengsel. Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in. Giet in die voorbereide pan en bak 30-35 minute tot gaar. Laat in pan afkoel. Keer uit op n draadrak om heeltemal af te koel.   Klits al die bestanddele vir die eerste bo-laag goed saam tot dit begin verdik. Smeer bo-oor die sjokoladekoek en laat goed stol.   Klits die bestanddele vir die tweede bo-laag goed saam tot dit begin verdik. Smeer oor die eerste bo-laag en verkoel tot gestol. Versier met sjokoladeblare. Verkoel tot benodig.   Maak n groot koek.

Huisgenoot 15 Mei 2003

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s